Vogue (tydskrif)

Vogue

Redakteur Anna Wintour
Kategorieë Mode
Frekwensie Maandeliks
Uitgewer Condé Nast
Totale Oplaag 1 242 282 (2017)[1]
Jaar gestig 17 Desember 1892 (1892-12-17), deur Arthur Baldwin Turnure
Eerste uitgawe
Land VSA
Taal Engels
Webwerf www.vogue.com
ISSN 0042-8000

Vogue is 'n Amerikaanse maandelikse mode-en-leefstyltydskrif wat oor baie onderwerpe handel, insluitende haute couture-mode, skoonheid, kultuur en leefstyl. Dit is gebaseer in One World Trade Center in die sakedistrik van Laer Manhattan. Dit is in 1892 as 'n weeklikse tydskrif begin en het jare later 'n maandblad geword. Sedert Vogue gestig is, het dit artikels oor talle akteurs, musici, modelle, atlete en ander vername sterre gehad. Die grootste uitgawe, in September 2012, was 900 bladsye dik.

Die Britse Vogue, wat in 1916 gestig is, was die eerste internasionale uitgawe, terwyl die Italiaanse weergawe, Vogue Italia, al die topmodetydskrif in die wêreld genoem is.[2] Daar is tans 26 internasionale uitgawes.

  1. "Consumer Magazines". Alliance for Audited Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op Januarie 23, 2017. Besoek op Julie 5, 2017.
  2. Press, Debbie (2004). Your Modeling Career: You Don't Have to Be a Superstar to Succeed. New York: Allworth Press. ISBN 978-1-58115-359-0.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search